Skryfkuns 101 - Aanlyn Skryfkursus

Stel jy belang om jou skryfvaardighede te verbeter en die wêreld van kreatiewe skryfwerk te verken? Skryf in vir Skryfkuns 101, 'n aanlyn skryfkursus wat saamgestel is om jou te help om die kuns van kortverhale en digkuns te bemeester.

Hierdie kursus bied twee omvattende modules aan wat jou deur die grondbeginsels van kortverhale en poësie sal lei.

Die Inleiding tot Kortverhale-module sal jou leer hoe om boeiende narratiewe tot lewe te bring, interessante karakters te ontwikkel en spannende intriges te skep. Deur praktiese oefeninge en insiggewende leiding, sal jy waardevolle tegnieke aanleer om jou stories te laat lééf.

Die Inleiding tot Poësie-module sal jou aan die skoonheid en ontwikkeling van poëtiese uitdrukkings bekendstel. Hierdie module sal jou kreatiwiteit ontsluit en jou in staat stel om emosies deur digkuns oor te dra. Verskillende vorme van stylfigure, die bemeestering van beeldende taal en woordekonomie sal jou poësie tot die volgende vlak neem.

Hierdie aanlyn kursus is geskik vir skrywers van alle vlakke óf jy nou 'n beginner is wat op soek is na 'n stewige fondament, óf 'n ervare skrywer wat nuwe inspirasie soek.

Moenie hierdie geleentheid misloop om jou skryfvaardighede te ontwikkel nie. Registreer vandag vir Skryfkuns 101 en betree 'n metamorfiese reis na die wêreld van kreatiewe skryfwerk.

Algemene vrae

  • Wanneer begin die volgende kursus? 2 September 2024.
  • Wat benodig ek vir die kursus? 'n Rekenaar, internetkonneksie, 'n e-posadres, 'n Facebook-profiel, die Skryfkuns 101 – Volume 1-handleiding, kreatiwiteit en 'n positiewe gesindheid.
  • Hoe lank duur die kursus? Nege weke – een werkstuk per week (teoretiese en praktiese werkstukke vorm deel van die kursus).
  • Word die kursus in 'n groepsverband aangebied? Nee; aanlyn lesse, algemene inligting en instruksies sal wel op 'n private Facebook-groep deurgegee word, maar alle werkstukke word individueel via e-pos ingedien.
  • Kan ek slegs een module voltooi? Jy is onder geen verpligting om beide modules te voltooi nie, maar die volledige kursusfooi bly betaalbaar. Ons raai elke deelnemer aan om albei modules te voltooi, want handige inligting wat in enige genre van kreatiewe skryfkuns gebruik kan word, word in beide modules behandel. 
  • Hoeveel kos die kursus? R1 500 per persoon (handleiding en nasionale versending ingesluit). Indien jy reeds die handleiding Skryfkuns 101 – Volume 1 besit, betaal jy slegs R1 150 vir die kursus.
  • Wanneer sluit die inskrywings? 16 Augustus 2024. 'n Deposito van 50% is met registrasie betaalbaar en die balans teen 16 Augustus 2024 

Aanlyn registrasie


Bepalings en voorwaardes

  1. Inskrywingsfooi: 'n Deposito van 50% is met registrasie betaalbaar en die balans teen 16 Augustus 2024.
  2. Jy sal 'n faktuur binne 48 uur (twee werksdae) per e-pos ná registrasie ontvang.
  3. Gebruik asseblief jou naam en van of die faktuurnommer as betalingsverwysing.
  4. Geen fooie is terugbetaalbaar nie.
  5. Indien jy die kursus suksesvol voltooi (80% of meer), sal jy 'n elektroniese sertifikaat ontvang.
  6. Jy sal op 30 Augustus 2024 'n e-pos ontvang wat jou uitnooi om by die privaat Facebook-groep aan te sluit.
  7. Alle praktiese reëls, riglyne, inligting, instruksies en die volledige kursusprogram sal op dié groep gedeel word.
  8. Maak asseblief seker dat jy die korrekte inligting op die registrasievorm invul – veral jou woonadres vir die aflewering van jou handleiding. Kreatio aanvaar geen verantwoordelikheid vir foutiewe inligting wat gegee word nie.
  9. Handleidings word tussen 20 en 30 Augustus 2024 versend via The Courier Guy. Jy sal 'n SMS en/of 'n e-pos ontvang sodra jou besending op pad is.
  10. Alle materiaal wat gedurende die kursus gebruik word en gedeel word, se kopiereg behoort aan Kreatio, en mag op geen platform gedeel of versprei word nie.