Skryfkuns 101: Registrasievorm
Bepalings en voorwaardes.
- Inskrywingsfooi: Die afsnydatum vir registrasies en betalings is 28 Februarie 2025. Beperkte spasie is beskikbaar, en ons beveel aan dat jy jou kursusfooi so gou moontlik ná registrasie betaal.
- Jy sal 'n faktuur binne 48 uur (twee werksdae) per e-pos ná registrasie ontvang.
- Gebruik asseblief jou naam en van of die faktuurnommer as betalingsverwysing.
- Geen fooie is terugbetaalbaar nie.
- Indien jy die kursus suksesvol voltooi (80% of meer), sal jy 'n elektroniese sertifikaat ontvang.
- Jy sal op 5 Maart 2025 'n e-pos ontvang wat jou uitnooi om by die privaat Facebook-groep aan te sluit.
- Alle praktiese reëls, riglyne, inligting, instruksies en die volledige kursusprogram sal op dié groep gedeel word.
- Maak asseblief seker dat jy die korrekte inligting op die registrasievorm invul – veral jou adres vir die aflewering van jou handleiding. Kreatio aanvaar geen verantwoordelikheid vir foutiewe inligting wat gegee word nie.
- Handleidings word tussen 3 en 4 Maart 2025 versend via The Courier Guy. Jy sal 'n SMS en/of 'n e-pos ontvang sodra jou besending op pad is.