BOEKWINKEL • BOOKSTORE

Koop die jongste publikasies deur Kreatio se skrywers en digters op hierdie blad.

Purchase the latest publications by Kreatio's authors and poets on this page.

Kreatio

Kreatio's online bookstore

Komieklike Kortverhale

Komieklike Kortverhale

deur verskeie skrywers

Komieklike Kortverhale is die produk van die 2021-skryfkompetisie. Aanvanklik sou slegs die vyftien beste kortverhale in Komieklike Kortverhale opgeneem word, maar weens soveel uitstaande inskrywings word daar 25 kortverhale in dié kortverhaalbundel opgeneem.

Baie geluk aan die wenners van hierdie projek:
Thérèse Fensham
Susanne Pike
Carlien Grobler
De Villiers van Niekerk
Amanda de Meillon
Elizma Jordaan

Ons beoog om deur hierdie projek nie net spesiale geleenthede vir skrywers moontlik te maak nie, maar deur hierdie kortverhaalbundel elke leser daaraan te herinner dat lag die beste medisyne is!

Ons leef in tye van onsekerheid, spanning en hartseer. Deur te lag, ontspan jou hele lyf, versterk jou immuunstelsel, word endorfiene vrygestel, dra dit by tot beskerming van jou hart, en kan selfs jou liggaam help om 'n paar kalorieë te verbrand!

Baie dankie aan elke skrywer wat deel van hierdie publikasie is. Leef jou skryfkuns!


Price:
ZAR200.00

Plus postage and handling charges.



Terms and conditions - Shipment note