Kreatio se #SterkerSaam-veldtog

#SterkerSaam is 'n vertoonvenster wat gratis blootstelling aan skrywers en digters tydens die Covid-19-inperking bied. Besoek hierdie blad gereeld om meer oor verskeie nuwe publikasies te lees. Stuur gerus 'n e-pos aan info@kreatio.co.za indien jy deel van hierdie inisiatief wil wees. Tradisionele publikasies sowel as selfpublikasies is welkom om deel van hierdie projek te wees. Alle uitgewers is ook welkom om van die geleentheid gebruik te maak. 

Sweef (2020-boksstel)
deur dr. Leonie Pretorius

Genre: Geestelik
Prys: R500
Formaat: Druk

Sweef deur dr. Leonie se splinternuwe 2020-weergawe is nou beskikbaar! 365 dagstukkies, drie volumes, een boksstel! Hierdie boek klop warm van Sy liefde vir jou en dr. Leonie verwoord die daaglikse boodskappe op haar unieke vrygeesmanier soos baie haar deur verskeie konferensies sou leer ken het. Sweef neem die leser uit die alledaagse gejaag van die moderne lewe tot by die aangesig van ons Hemelse Vader.

Klik hier vir bestellings.

Uit hierdie Valkenburg
deur Ernest Loth

Genre: Poësie
Prys: R120
Formaat: Druk

Uit hierdie Valkenburg verwoord die unieke ervaring van die onnoembare, synde geestesgesondheid, met deernis. Die leser word die kans gegee om 'n kykie in Ernest lewe te kry, tog is dit alomteenwoordig en word die stemloses hier die kans gegun om hulle stemme hoorbaar te maak.

Bestellings: ernestloth93@gmail.com

Gisterwinter
deur Susanne Pike

Genre: Poësie
Prys: R185
Formaat: Druk

Sonder jou gister kan jy nie jou unieke vandag wees nie. Elke gister het ook immers sy eie winter. Ervaringe, belewenisse en geheimenisse, wat soos winter, jou tot standbeeld vries om te besin oor jou menswees en hoekom jy op hierdie aarde is.

Bestellings: Minimal Press

Die Oggendster
deur verskeie skrywers

Genre: Poësie en inspirasie
Prys: Gratis
Formaat: PDF-bundel

Meer as 30 skrywers en digters gebruik hulle stemme in eenheid om 'n boodskap van hoop in 'n tyd soos dié te verkondig. In hoop is daar geen pandemie of inperking nie! Wees 'n oggendster in iemand se donker woestyn.

Klik hier om Die Oggendster af te laai.

Mens
deur Helena Mellet

Genre: Poësie en kortverhale
Prys: R80
Formaat: E-bundel

Wanneer jy in ‘n woonbuurt se strate afstap en die huise bekyk, kan jy nie help om te wonder oor elke woning en sy stories nie. Onder elkeen se dak is daar ten minste een goeie storie wat wag om vertel te word; of dit nou die waarheid is en of die storie sommer net in jou kop kom sit het. Elke huis is vol stories en die mense in die huis máák die stories. 

Bestellings/navrae: mellethelena@gmail.com

Bessie
deur Helena Mellet

Genre: Jeugverhaal
Prys: Gratis
Formaat: E-boek

Bessie is ’n veertienjarige meisie wat vroeg in haar lewe met bittere hartseer te doen kry. Haar ma het ’n drankprobleem en sukkel om werk te kry. Bessie weet sy het ’n pa, maar het hom nog nooit ontmoet nie. Bessie se deurmekaar wêreld kom tot stilstand toe haar ma skielik sterf en sy koshuis toe moet gaan. Sy wens sy kan haar ma terugkry en sy wonder of sy ooit weer deel gaan wees van 'n familie.

Bestellings/navrae: mellethelena@gmail.com

Die waarheid maak vry!
deur dr. Leonie Pretorius

Genre: Geestelik
Prys: $2,99
Formaat: E-boek

In haar jongste publikasie Die Waarheid maak vry! breek dr. Leonie die drie sakramente (voete was, die Nagmaal en die doop) volgens Skriftelike perspektief vir die leser oop. Hierdie boek bevat nie net die antwoorde op soveel alledaagse vrae nie, maar ook kosbare juwele uit die Woord wat jou geestelike groei sal verryk. 

Klik hier om die e-boek te koop.

Waar een pad einding
deur Helena Mellet

Genre: Kortverhale
Prys: Gratis
Formaat: E-boek

Waar een pad eindig is ’n versameling kortverhale.

Bestellings/navrae: mellethelena@gmail.com

Dagbreek
deur Helena Mellet

Genre: Poësie
Prys: R80
Formaat: E-boek

Dagbreek is ’n versameling van gedigte waarvan meeste deur die natuur geïnspireer is.

Bestellings/navrae: mellethelena@gmail.com

Nagblind
deur Francis Grobler

Genre: Poësie
Prys: R240
Formaat: Druk & e-boek

Francis Grobler skuif die sluier van ’n verskuilde wêreld met ’n afgerigte werklikheid en konformiteite oop met ’n moderne benadering tot digkuns. Die digbundel se outentieke benadering dra by tot ‘n skaars, maar nodige kommoditeit in Afrikaanse poësie. Nagblind breek behoorlik die skedels tot nuwe denke.

Eksemplare: tertiaswart@naledi.online of naledi.online

E-boek: Amazon

Groen Skoene
deur Anria Breed

Genre: Roman
Prys: R70
Formaat: Druk en gratis PDF

Marlene is skielik werkloos en alleen, want die man vir wie sy lief was, reken hy het haar nie meer nodig nie. Sy gaan Natal toe om daar by die see haar kop en haar lewe uit te sorteer en ontmoet vir Henk Hoggan, ’n wyse omie wat haar help om die lewe te verstaan. Dinge verander egter wanneer die Hoggans se gluten-vrye seun opdaag en Marlene ontdek dat sy het ’n talent vir skoene ontwerp. Maar is beroemdheid en twee honde, ’n trop ape, ’n pou en haar kuikens, kolganse en ’n vreeslike flankerige koningrooibekkie genoeg? Het mens nie ook liefde in jou lewe nodig om vol te kan wees nie?

Druk en gratis PDF: Groenheide Boeke 

Emma Roux 3: Die Raaisel van die Rooi Borsspeld
deur Anria Breed

Genre: Jeug/Speurverhaal
Prys: R60
Formaat: Druk en gratis PDF

Emma en Hestine grou (met toestemming) tussen ouma Hester se juweliersware op soek na iets om te dra na ’n skoolfunksie toe. Hulle vind die pragtigste borsspeld, maar Ouma sê net nee, hulle moet ’n ander een kies. Die raaisel van die rooi borsspeld … Hoekom is dit in Ouma se besit? Het Ouma dit gesteel? Emma se dilemma is dat sy nie vir Hestine hiervan kan vertel nie!

Druk en gratis PDF: Groenheide Boeke 

The Invisible Chains of Familiarity
by Elsa Cronje

Genre: Spiritual
Price: Free
Format: eBook

I experienced first hand how familiarity kept me from being obedient to Abba Father without realising. Why did I write this? The enemy is deceitful and he uses our minds to enter and start stealing, killing and destroying in our lives WITHOUT US KNOWING! Receive this eBook for free and be more AWARE of your own free will!  

Click here to download this free eBook.

Die taal wat kaalvoet praat
deur Pieter Mostert

Genre: Poësie
Prys: R250
Formaat: Druk

In hierdie bundel skep Pieter Mostert ’n fiktiewe Boesmankarakter, genaamd Buks Appelblaar, en pen die gesprekke tussen hulle vas, in wat hy Boesman-patois-afrikaans noem. Die digbundel is verhalend van aard. Mostert verwoord ook sy eie verlange na die Kalahariduine. Hy span ‘n volledige spektrum van stylfigure in en sy poëtiese styl bruis soos rooibruin sandstorms deur die Kalahariwoestyn.

Bestellings/navrae: 083 292 5858 of ecofriendlygardens@gmail.com

Dit wat in die Duisternis is, sal aan die Lig kom
deur dr. Leonie Pretorius

Genre: Geestelik
Prys: R240
Formaat: Druk (A4)

Hierdie is nie net ’n gewone boek nie, maar ‘n boek vol verborgenhede en soos jy deur hierdie boek lees, sal jy bewus word van die feit dat geen krag of mag groter as die Heilige Gees is nie. Besef hierin die waarheid van innerlike genesing waarvoor Jesus ’n mens geword het. Verstaan waaroor bevryding gaan en glo dat Jesus nog steeds genees. Die 2020-weergawe bevat ook die werkstukke wat in die beradingskursus voltooi word.

Bestellings/navrae: klik hier

Emma Roux: Die raaisel van die raam
deur Anria Breed

Genre: Jeug/Speurverhaal
Prys: R60
Formaat: Druk en e-boek

Emma se talent vir potloodsketse maak dat sy toevallig op ’n raaisel in die ou Kombrink Manor afkom: waarom ’n gewone skildery in ’n peperduur raam sit? Dan verdwyn die skildery en raam uit die huis en is daar geen rekord dat dit ooit bestaan het nie … behalwe Emma se sketse. Emma en haar vriendin, Hestine, besluit om die raaisel van die raam te ondersoek en uit te vind wie het dit gesteel.

Bestellings/navrae: Druk: Groenheide Boeke • E-boek: Amazon

Emma Roux 2: Die geheim van die geroeste Volla 
deur Anria Breed

Genre: Jeug/Speurverhaal
Prys: R60
Formaat: Druk en gratis PDF

Vir die eerste keer sedert Graad Een, word Emma na die Gruvé-tweeling se verjaarsdag­partytjie genooi. Dit word hierdie jaar gehou op hul ouers se luukse wildplaas en Emma is van plan om die hele naweek al die natuur­skoon in haar sketsboek vas te lê. Gou word haar aandag afgelei deur die verskuilde boomhuis en die geheimsinnige wrak van ’n ou VW Kewer in die bos, en bevind Emma haarself heuphoogte in ’n nuwe avontuur.

Druk en gratis PDF: Groenheide Boeke