ONS SPAN • OUR TEAM


ALET ENSLIN

Alet se passie vir tale lê baie diep gewortel in haar ontwikkeling en menswees. Sy glo dat jy die wêreld verf met woorde. In 2017 en 2018 verwerf sy eerste plekke in twee digkompetisies. Sy debuteer met haar eerste digbundel in Maart 2019 en is tans besig om aan haar tweede bundel te werk.

Sy behaal haar B.A.-graad in tale en betree die onderwyswêreld daarna. In 2013 word sy aangestel as Taalversorger by die Vrystaatse Departement vir Onderwys. Haar liefde vir tale en dan natuurlik vir Afrikaans is haar dryfveer om ander bewus te maak dat jy die magdom deur woorde kan bereik.

Haar groot liefde lê veral by letterkunde. Haar grootste passie is om seker te maak dat medeskrywers die kans gegun word om net die beste op die tafel te plaas, dus is sy altyd gereed om 'n bydrae te lewer aan skrywers en digters deur ondersteuning en ook leiding te gee in algemene taalgebruik.


FRANCOIS MEYER

Francois debuteer met sy eerste digbundel op 19-jarige ouderdom in 2013. Sedertdien het hy vyf digbundels en 'n prosaboek vrygestel. Sy prosaboek, Die wêreld deur haar oë, was vir twee weke die topverkoper op Kobo Books in vyf kategorieë. Hierdie publikasie is ook in Engels vrygestel.

In 2017 word hy as Ink Skryf in Afrikaans se rubriekskrywer van die jaar aangewys, en verwerf ook ‘n tweede plek in die kategorie Digter van die Jaar. In 2018 ontvang hy ‘n Radio Rosestad Roostoekenning vir sy bydrae tot die Afrikanerkultuur.

Francois het in 2019 sy B.A.Hons.-graad in Kreatiewe Skryfkuns cum laude verwerf. Hy studeer tans vir 'n MA-graad in Kreatiewe Skryfkuns. Sy liefde vir taal, en veral Afrikaanse digkuns, is die dryfkrag agter sy passie om medeskrywers en -digters in verskeie opsigte leiding te gee. Francois is reeds vir agt jaar 'n entrepreneur en leef ook sy kreatiwiteit uit deur grafiese ontwerp. 



PATRICIA VILJOEN

Patricia’s debut anthology was published in 2015. Since then four more anthologies have seen the light. Three of her anthologies are in English and two are in Afrikaans. She also published a children's colouring book (for ages between 3–8 years) in both English and Afrikaans.

Her latest anthology, ERA (published in 2018) was chosen as the second best anthology by Ink Skryf in Afrikaans.

Her love of language and poetry is portrayed in these anthologies and she always leaves a part of herself in each book written.

Patricia has been proofreading and translating for the past three years.