Poësiekompetisie: Top 20

Kreatio en Groep 7 Drukkers (Pty) Ltd se 2020-poësiekompetisie het meer as 400 inskrywings ontvang, waarvan 130 gedigte in die bloemlesing Kreatio in motu opgeneem word. Die volgende gedigte verskyn op die kompetisie se top 20-kortlys in alfabetiese volgorde (volgens die digter se naam). Baie geluk aan elke digter!

  1. Amanda de Meillon - Aborte vendicta
  2. Anzé Bezuidenhout - Dit was aand
  3. Carin Erasmus - Pelgrimsreis
  4. Carma Shaw - Die man wat my liefhet
  5. Carmi Miche Philander - The rose
  6. Christo Visser - Ek weet, ek weet
  7. Danica Meiring - Verlore liefde
  8. Drienie Kelly - Gister se mooi
  9. Eduard Smith - Dimensie
  10. Elmari Botha - Kor. 13
  11. Evanthe Schurink - Genesis se openbaring
  12. Gideon Strydom - Alleen in Napels
  13. Helena Mellet - Petrichor
  14. Henco Stander - Winter in Londen
  15. Jason van Wyk - Meer as woorde
  16. Marilyn Fourie - The time traveller
  17. Sharon Brummer - Love came uninvited
  18. Sharon du Preez - In beeld bring
  19. Sunita Keyser - Seisoene
  20. Vian Ferreira - Lugmoer

Aborte vendicta - Amanda de Meillon

mamma
jy het my eersgeboortereg verpand
maar ek het bly glo
aan die hoop dat jy my sou liefhê
maande lank het ek vasgeklou
aan die warm liefde
binne die kokon van jou koue hart
wat my nie wou hê nie
vasgekluister
aan die naelstring
van ons saamwees
terwyl jy
ons eenheid betreur
mamma
my eerste stilkreet
was na jou
terwyl ek warm nakend in die staalkrip lê
en kyk hoe jy leweloos koud
in die smaak van rooi verraad
onder ‘n wit doek rus
mamma
aborte vendicta
“ek vergewe jou”

Dit was aand - Anzé Bezuidenhout

dit was aand;
dit was môre
die dag was goed
in die tyd voor klippe
skedels kon breek
toe badtyd in tuine
onbesmet van owerspel was
voor bitter bekers van verraad
onder bloedsweet geledig moes word
en doringkrone nog bloeisels kon bot

maar nou ...

nou skeur die son
se tweesnydende lig
deur boomtoppe en rante
oor ’n bloedbevlekte dag
dit was aand;
dit was môre

nóg ’n verminkte geslag

Pelgrimsreis - Carin Erasmus

in ‘n glas Cabernet by ‘n pikswart dahlia
Jan Blohm se “Word wakker”
in die agtergrond
word my gebed net ‘n sug

uit my hart se klipgekraakte skeure
groei bloudissels in koerslose môres
jou woordeklankedromereuke
talm in my verlate wentelbaan

bleek hande slaan dooie houe
teen die koue graniet
ongeformuleerde fragmente
noodkreet in my asem

waai los engelvere oor ons beloofde land
my dae dofswart skimmelgrys
met ‘n klik van die haan
het jy op ‘n ewigheidsreis gegaan

Die man wat my liefhet - Carma Shaw

Die man wat ek liefhet
trap kaalvoetspore oor duinesand
en koers oor mosselskulp en seebamboes
tot waar branders in ’n pryslied dreun
oor die oewers van ’n weskusstrand.

Meeue en sterretjies
klap hul vlerke in ’n welkomsgroet,
hulle eer hom in ’n sirkelvlug;
daar is onskuld in sy hemeloë
en adel in sy naam en bloed.

Die man wat ek liefhet
staan op rotse waar swart tobies wei;
hy laat sy blik oor wye waters gly
en iewers (waar storms oor die diepsee woed) 
saluut ’n albatros verby.

En as hy in die avonduur
oor die silwer oseane tuur
lofdans (vir hóm) kaapse kormorane
en skadubeeld ’n skare pelikane
teen die vermiljoenste skemervuur.

The rose - Carmi Miche Philander

It's a symbol of our love
A bond we share
I know you're looking down from above
And that you still care

The rose you gave me that very day
I still and always will keep it with me
Your smile and feelings it portrays
That only you and I can see

Petals: bright wine red
A stem: thorny and thin
Straight like a piece of pencil lead
A leaf: dark green and its smaller twin

A scent so fresh and so sweet
The perfect rose picked
You swept me right off my feet
And instantly we clicked

If only time could repeat itself
I would relive that day over and over
I don't need riches, fame or wealth
Only you: My four-leafed clover

Ek weet, ek weet - Christo Visser

Jy het my rede gegee, leiding en vryheid was vry
en die antwoord op my elke vraag
was altyd, altyd net jy.

Ek weet, ek weet,
hoe kan ek enigsins die reuk
van jou vergeet of in my waan
glo dat ek enigsins van beter weet.

Jy het my verstaan, in my geglo en
ver uit jou pad gegaan
om my elke gevoel goed te laat voel,
dit was altyd jy, altyd jou doel.

Ek weet, ek weet,
nooit sal ek jou lyf se hunkering vergeet,
elke aksie se passie en elke asem, elke klop
en elke laatnag uitroepkreet.

Daagliks is ek verlore in gevoellose drome,
‘n vry gevangene van my eie besluite.
Ek weet, ek weet,
jy sal stil wees. Daarvoor dankie,
maar hoe sal ek ooit, ooit van jou vergeet?

Verlore liefde - Danica Meiring

Ons tiekiedraai was soos die kort lont van 'n bom.
Ons liefde was gevaarlik
dit was naarstigtelik desperaat
maar iewers in die kantelhoek van my hart
het iets my verbied om jou en jou vertaling na te volg.
Ek het my hart opgepak en in 'n fluweelbedekte kissie gestoor
en ek het myself verbied om na jou agterplaas
terug te keer.

Gister se mooi - Drienie Kelly

vandag dink ek terug aan Ouma se huis
die Agga-stoof en die groot ou kombuis
die reuk van kaneel wat hang in die lug
Mieta wat vir Sipho abba op haar rug

ek onthou nog die kerslig en boekevat
die kwaai kyke in kerk en die kweperlat
wat het geword van eet om die tafel
die moderne lewe het ons siele uitgerafel

ek dink met heimwee aan die ou plaasstoep
en verlang na die fisant en jakkals se roep
in die stilte kon jy die windpomp hoor huil
uit die donder dieptes by die Dwarsberg se kuil

waar skemer nestel in doringboom se tak
hang my drome uitgelewer aan weemoed se haak
die plaasdam se walle het geheime gehou
nostalgiese verhale van toeka tot nou

boereseep en tuisgebakte brood en konfyt
die reuke wat nog hang in my kleintyd verwyt
'n traan wat biggel oor my plooigesig
wanneer gister se mooi sy sluier kom lig

Dimensie - Eduard Smith

Deur my konvensies
beweeg jy met 'n dimensie
in ander (selfs hoër) vorm;
jy raak aan ruimtes
waar dit vir die langste tyd
ongehinder was.

Laat dit nooit bekend word
dat ek enigsins kla nie -
verniel my selfs
want dit is veels té lank
dat ek jou nie geken het nie.

Kor. 13 - Elmari Botha

verby
alle woorde
dade
omhels ek jou
nou
soms net in
my drome
innig
en
seer

daar is geen
verbindingsklanke
voegwoorde
of
versamelname
meer oor

ek

jy

het die taal van
die liefde
holrug
gery


al het ons ’n huis teen die bult
met lig in elke venster
al het ons ’n kar in die garage
met ’n viertrek rat
al het ons dit alles
maar ek het nie jou
liefde nie
word ek
soos ek
nou is

 

Genesis se openbaring - Evanthe Schurink

’n diepe geheimenis ontsluit
in die roosknop se kortstondigheid
in die tik van die metronoom van tyd
van genesis tot openbaring

vir die oog wat kyk
deur die seepbel van verganklikheid
sal die roosknop wat aan ‘n dun stingel hang
se kleur verdof tot verskrompeling
die einde sal kom nog voor die begin

in die oog wat kyk deur die lens van ewigheid
is daar die wete
dat die roosknop ‘n ontwaking is
’n nuut begin
wat ontvou in gevierde wording
van genesis se reis deur tyd
wat tot openbaring sal kom

Alleen in Napels - Gideon Strydom

Vandag in Pompeii
by Cassius
en Augustus
verstom
versteen
jou sms gekry
die akwaduk oorspoel
met verwonder
en verlang
onbevoeg
klein
het ek gevoel
en in die grootsheid
selfs 'n bietjie bang.

Petrichor - Helena Mellet

Die dag kom ongerep
met sagte siftende somerreën
nog vaalwit om die kiewe
ruik haar oggend asem
ene nat grond en veld bos
sy strek haar stadig oor die vlaktes uit,
maar huiwer onder die wolkkombers.
Sy is hier,
dis genoeg
vir nou.

Winter in Londen - Henco Stander

Groot, wit vlokkies val op die bruin stad neer;
haastig oor die sluimerende dorp se verkeer.
Versmorend word sy murmerering versuim;
lui en aanhoudend totdat die son verkluim.

Die hele nag het dit geval, en toe sewe duim vol.
Dit lê nou in die diepte van sy koue blindekol.

Vandag waai die wolke uit 'n ysige hemelruim;
almal het vroeër wakker geword
weens die ongewone helderheid
van die winter wat verdwyn.

Hy het genoeg kristalmanna geëet
en op hierdie wintersoggend
van sy kind se dood vergeet.

Meer as woorde - Jason van Wyk

Onthou jy, my lief, nog die dae
toe jy my stem oor die see kon hoor
en ek na jou vergrote kiekie gestaar het —
ek kyk nou nog graag so diep in jou oë.

Jy wat so na die sterre gereik het
en elke geleentheid ten volle aangegryp het
(want niks was ooit vir jou te vêr nie).

Maar nou, my lief, drink ek rooiwyn
(vir my lag en traan en pyn),
want daar's 'n nuwe wind wat waai ...

Hierdie pad is eensaam en seer —
my trane stroom oor die donker teer
en ek mis jou elke dag 'n bietjie meer.

Al wat oorbly is die mooiste vier woorde
wat brand in my hart — "ek het jou lief" —
en jou laaste brief opgefrommel in my hand.

Voetnota: Met dank en erkenning aan Francois & Elizabeth Fourie, Rina Hugo, Gé Korsten, Bles Bridges en Sonja Herholdt vir 'n tydreis in Afrikaanse musiek.

The time traveller - Marilyn Fourie

I am minuscule in size
Not easily perceived alone unless amassed
The winds of this world carry me far and wide
Casting me into the atmosphere
Bouncing around on planets and stars
That has never been espied by man

Eternally here I cannot be terminated
Filtering in everywhere, the bain of housewives!
I have seen the ages sweep past
Experienced wars and climatic changes
Still I am constant!

What I have seen cannot be told
For I have no mouth to relate my tales
I have no ears but have felt the earth
Pulsing its vibrant life beneath me

I am the time traveler
And I have copious journeys to fulfill
I extend an invitation to you to join me
On my path of eternal travels

Love came uninvited - Sharon Brummer

Torn, tender, hearts are found screaming for release
Love has sadly taken revenge, shredding the peace
Has such a love ever been so cruel?
Slowly, slowly, disguised as happiness, devoid of rule

Bereft of sympathy, bringing victims to their knees
Caution thrown to wind, clouds with sorrow obese
Knowledge of crime hasten fear piece by piece
Such mirth from love, pray for laughter to cease

Love came uninvited, floating from one to another
Knock on deaf doors, beg for liberation please
Pain stabs body and mind, do not tease
Knowing there are others, suffering as a fool
Jester of love, show true colors you ghoul
Educated much too late, pupil’s pay their fees
Love came uninvited

In beeld bring (Sharon du Preez)

Jy was aan my toebetrou
so seker soos die sestigste gedeelte
van 'n minuut.
Is ons twee sinkplate wat saamklink
geintoneer in gebed.

Ek wil jou herhaal in emalje
jou in ligtelaaie veramber;
met potlood, ink en kryt jou lyne trek.
Is jy vir my 'n pasverskene boek
met enkele mooi illustrasies.
Wil ek my verlustig in die beeldskrif
ewig in my hart geprent.

Seisoene (Sunita Keyser)

aaneengestring
is jaar op jaar
wentelings van hierdie aarde
om die son
'n sirkelgang wat telkens stol
van bloeisel tot volronde vrug
die verkleurde blaar wat sug
en eindelik los ...
'n vermaerde tak alleen
in die winterkou
wat wag
tog in die kroes van elke lewe
versmelt die ritme van ons tyd
dat net twee getye bly
die groen seisoen van jonk
wat vorentoe wil reik
en 'n laaste vale stond
van peins
en nademaal
terug na alles kyk

Lugmoer (Vian Ferreira)

Die son gooi 'n lugmoer
Vanoggend vroeg
Die wolke bloos en wonder
of God hom pakslae gaan gee

Miskien is sy fout te mooi om te straf

Sal God ons foute kan inkleur met donker oranje kontoere
en ander laat glimlag?